Tuesday, January 20, 2009

Vrugte /Fruit


Die vrugte seisoen kom aan die einde van die jaar. Eers die mangoes, (en hulle val op die aarde en maak die wereld vuil en taai - die wat nie deur die patiente opgeeet word nie word deur die verpleegsters of werks personeel bygekom) dan die erg wilde passion fruits, dan die maroelas...(snaaks genoeg niemand eet die maroelas nie ten spyte van hul heerlike smaak en potentiele effekte-'funny people') en dan die avos en guavas. Ek het heerlike vrugtesappe gemaak met die vrugte in die juice lady en ook so nou en dan suig ysies vir die kinders met 100% mango juice(en n bietjie ginger).
Die ortopediese aanslag is nogal dramaties na n mangoe seisoen want almal klouter en klim om mangoes te kry.
Ek het een laat middag omtrent 20 mangoes gesqueeze en in die juice lady gesit met ferm instruksies om nie die knoppie aan te sit nie(die seuns hou daarvan om die knoppie te druk en te sien hoe die sap gamaak word). Die deksel was af en ek het gou uit die kombuis uitgegaan. Klein Ralphie het ingekom en voor Ceri se oe die knoppie gedruk. Die hele kombuis vloer, tafel en muur was vol geel slym! En Ralphie se verstommende gesig was soos iets uit n paint ball eindstryd. Hy was regtig vol mangoe van kop tot tone!
Cecily het omtrent 5 piesang brode gemaak in haar tydjie hier by ons. Ons het dit Kers oggend, Geloftedag en as ek reg onthou oor Nuwe jaar ook geeet. Sy het nou regtig die resep vervolmaak en die bladsy se oortjies vuil gesmeer.

No comments: