![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhhZRm1fkCsgLhxe2R3lsvuOUvL8zuoSyM_pILrxhPGZRkNQJg6Sq1vl3m4df8ttUF4NSNHSPeTOoDl582GwEk3GbNahsx1MiwIHZZ7JA2UV27u58PqOwCGRELkxDHdtecZVNdsciB7viBP/s320/hitching+a+lift+on+aboat.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhGmOhipkDKmLCdYmdCaSZhWPy9aQEdmbo_EsSIIOV4nDGHZrk-oBSo8sIAZmvA8qwKxzG1234pni7KjPQ3n5K8psLxLik07iUEHuqSCHOAgGLz_Tb-VkdS9ALwu6qqqtuyoiw_eupkFBu5/s320/mosambiek1.jpg)
Ons was Maputo toe vir my verjaarsdag. Ek het nog nie n enkele grys haar op my kop nie(te min hare om grys te word- wel so n paar stoppels wat grys vertoon). Die rit op Maputo toe is 4 by 4 van die woord 'go'. Daar is polisie wat letterlik vanuit agter die bome op jou afspring. Ons het seker 7 keer lisensie en paspoort moes wys.
As n mens deur die 4x4 stof paaie ry dan verskyn Maputo voor jou soos n weird 'Ian Banks' geskepte stad en dan moet jy nog op n kar- boot klim en oor die Bay van Maputo vaar tot by die sentrum. Die ferry is maar dodgy so ons het vir die kinders life jackets aangesit en dis regtig n goeie idee! dit klink n bietjie Amerikaans maar ons is mos maar baie lief vir die kinders.
In Maputo het die polisie ons op n straathoek vasgekeer en wou ons polisie stasie toe vat omrede ons nie paspoorte by ons gehad het nie. Dit het nie gebeur nie maar die situasie was ietwat onverwags en kontroversieel. Maputo is die naaste Europese stad vanaf Jhb en daar is n nice vibe met goeie pastries, musiek en naglewe(ons was beperk tot die hotel in die aand weens die kinders, maar n mens kon sien die nag is redelik besig).Ek het met n groot smile op my gesig die tiger prawns in Costa del Sol geeet en Louis eet seekos soos sweets. costa del Sol maak al kus vir baie jare en die restaurant is op die kus met n view oor die bay of Maputo.
Louis is baie soos Cecily en sal eienaardige goed probeer eet op n baie jong ouderdom- soos olywe, asyn, skulp vis en stink vis en selfs stink kaas probeer-laasgenoemde is net n uitdaging en ek dink hy trek n lyn by camembert!
Ons was by die Natural History Museum vol gestopte diere en alhoewel dit n bietjie onsmaaklik is, is dit baie leersaam. Hulle het klein opgestopte muismolle in n kas!
n Dag by die vismark kan dalk een van jou stresvolste oomblikke wees as jy dit nie verwag nie. Dit het my baie laat terug dink aan Marokko en sy persitent verkopers. By die vismark kies jy jou eie brood, vis, speserye, side dish en restaurant - en kom ons wees nou eerlik- daar is baie mense wat om jou brom, skel, klits en smeek... maar eindelik is dit ook gedoen en kan jy leeker sit en vars kos eet...ons ete was amper net so lekker indien nie beter as die restaurant maaltyd. Dan kom probeer hulle aan jou horlosies, brille, draad art en allerhande kak aan jou verkoop. Wanner die spanning van kos koop oor is, dan is dit lekker en jy kan rustig aansit en inle...heerlik.
No comments:
Post a Comment