Tuesday, January 20, 2009

Birds




Die jaar was nie net opwindend in die diere afdeling nie. Ons het geleer om voels te bekyk en dit is aangehelp deur ons Robertson's geillustreerde boekie oor SA voels en die ongelooflike hoeveelheid voels in ons tuin en in die nabye area. Ndumo is een van die amazingste plekke om voels in Suider Afrika te sien en ons is juis gereeld soontoe vir n bietjie 'twitching'. Ceri het n groter geillustreerde bird boek gekry vir haar verjaarsdag so daar was baie 'referencing'.

Ons het aasvoels gesien in die Pongola reservaat, Kingfishers op die St Lucia mere en reiers en arende langs die mere en op die strande. Daar was uile in die bome in die tuin met regte hoot-hoot geluide en bee eaters en suikerbekkies in die grys/wilde strelitsia net buitekant ons kamer venster.

Twee jong 'kanienies' het baba hoepoes by die huis aangebring en ons het n geelkeelkalkoentjie een keer in die grasvlakte gewaar.Dis n tong knoper-se dit vinnig: GEELKEELKALKOENTJIE.

No comments: