Thursday, April 24, 2008

dak nat maak

Ons het Dinsdag die huis gevier. Louis en Ralph was baie opgewonde en het rondgespring in hul powerranger/ spiderman suites. Ek het Carperrinhas gemaak en Ceri het daai lekker broscetta aan mekaar geslaan. Daar was n vuur om in te staar en ek het n paar sigarette gerook. Ek en Ceri het na almal weg is skoongemaak, en dit was nice om die bottels op te tel en die vuil borde aan te dra- die einde van n lekker aand. Ek onthou die soggie chips , asbakkies vol stompies en lee plaat houers op die mat die vroegoggend na een van my ouers se wilde parties.
Louis en Ralph het een van my broer se duur glas ligte gebreek vandag, n goeie rede hoekom ons nooit sulke dinge self gekoop het nie.
Ceri het die boekwinkel besigheid geregistreer en daar is opgewondenheid in die lug.
Het vandag van Stella gehoor. So nice om haar stem te hoor - elektronies maar wel. More gaan ek die tent opslaan vir die seuns in die tuin. N lekker vuur maak en dan tyd vir n midnight feast!

No comments: