Sunday, April 13, 2008

Border cave

Ons was Pongola toe en het die e-pap lady besoek. Sy het weer soos altyd die filter koffie uitgeruk met botter avos en toast. Die kinders geniet die tuin en Cathy het n klomp blomme in ons hande gele. Ek is baie opgewonde oor die moonflower en Aggapanthys en ek wonder of die strelitzia sal blom.
Ons het aasvoels op n droee tak in die Pongola reserve gesien-asemrowend.
Ons het op gery Ingwavumu toe en het daar die Border caves gaan soek. Die voetpaadjie af was n pragtige view van wat lyk soos die hele Swaziland.. Louis is saam met die gits om die krans hoekie en toe moes ek volg. Die laaste entjie is n kabel vashou en loop om die krans. En toe ek die kabel trek toe gee hy ietwat meer meee as te verwagte, en ek het geding hierdie is die einde..
Ons het almal dit gemaak, net Ralphie moes die laaste sprong na die grot mis.
Louis het die berg opgehardloop soos n bokkie!
Vandag het ons n stil dag gehad. Ek het tente in die huis gemaak vir die kinders en hul Amerikaanse remote karre uitgehaal. Daar is goeie sand paaie vir die karre.
Louis en Eunace het vir 3+ ure Lego gebou.

No comments: