![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgNRDSL4Vs6mVLKiR6CDM8dQIbW7xLf97RA5OCiTgTflR3UTkC0ScF7hyIjfPV-yMLpI5ugVGnuiwxD54_-R-H6Al4xqhpDwyMMbQXPSC4pnxOjZbp3n2kwLuz2hy52C-2ieDQNt9gQi8Dp/s320/Immelmans+and+Tembe+EP+0108+019.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgwrRTqRNU43PZfRTX4YSBu9syRaIqq4sDvYR-7-Gm_x66Im1ohYyYJecQBv7gwjQ7T0PhRGVahsyc798x9p94B1LSf3t2Btm5qF1z1xNS4jxfa9m0syFnliFlLcoGpmNoKhzbOsaQ2Bphq/s320/durban,+london,+new+house+up+to+130408+022.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgs2601dwTFxb5KY9T6W-ndsGEmVWJfbRRlxGx5Rnb8pyhb_twKKzzoBhdq3zuUIFqyRjHQdtuqdtl5sOQr8EQDRbM0apZCsiyG1yoST8-uRy4agEP2HAOn0ODA5Iic4rFtO4BtkF4QJ1C2/s320/Jan07+Immelmans+and+Kosi+Mouth+022.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgxj2JYQk1CGBAUjm5Nnt457GFrFnNqLrXMcT5XSqIdat1UZiiq6sxVKZy3ZNnuYwwMK-xHuV1JCxxaQeUcosj6y6oCCuMKfNjw8a5pA6kTbjb_tGmrk9pXMiGDwkJX0iENfPVveqYysiHs/s320/Jan07+Immelmans+and+Kosi+Mouth+027.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgRoARKOJbJX8PUkHs8UWTyOHEXVwZZcIEUkysq3nUdVNB48YlN1T2cxnAj57NjoiOD9F7pmyxV_qaaheH5dmPBER4-mLibDukMRYh4KrEzGUlUdVwetMI7Bg2Q7pipdFrB3zd1k4npxbqv/s320/Jan07+Immelmans+and+Kosi+Mouth+026.jpg)
Ek kan nie glo hoe hierdie vakansie dae soos goeie nuus hier aankom nie. Ons was saam met Claire,Neera en Sam(all English group) na die mond toe. Daar was toebroodjies en tee en die see was wild, met maalstrome van alle kante by die mond. Ek het ge 'bodysurf'en toe het ons noordwaarts op gestap tot by n hoe sand duin. Louis was eerste op en ek het gevolg met Ralph op my rug(hy hou nie van hoogtes nie). Ceri het saam met ons daar bo kom sit en ons het gekyk na die mere en na die see se verskillende blou skakerings. As daar n walvis in die water was sou ons die groot buitelyne kon sien(ek is bly die sin is in afrikaans want anders moet ek nou weer mooi dink of dit nou Whales/Wales is!) Toe het ek en Louis af ge hardloop-val.
Die volgende dag was ons in Tembe Olifant Park en ek het niks meer om te se as daar was n versameling bene in die gras en ek het n souvenir gevat. Die kinders het te veel sweets gehad en hulle was ongehoorsaam in die agterste sitplekke (my ma het ons altyd geknyp). Daar was olifante en n raar bosbok en buffels en die crested tarentaal wat baie geografies area spesifiek is.
Ek en Louis het n aand in die tent geslaap hier by die huis en ek het nou begin vuur maak op n groot stuk sement in die tuin. Dis hier waar ek drie vure gelyk kan aanhou. Een vir die braai, een vir die koffie pot en een vir vlam besigtiging. En dis nice want daar is bome om ons en baie sterre elke aand.
Ralph is besig om sogenaamde 'poohs' in potjies te doen en hy roep ons almal om te kom kyk. Louis het skooldag atletiek gehad en hy was 4de met die landloop/ sandloop. Ek gaan nou bladerunner kyk..