Lanklaas geskryf en baie dinge het gebeur. Ons het nou ingetrek in huis nommer 5 in. Dit was n 3 dae proses met al die speelgoed en papiere en water filters(ons drink water uit n water filter en nie skoon uit die kraan nie). Bottel water is vermoeiend en duur. Ettiene het blykbaar die drinkwater geanaliseer so n paar jaar gelede en hy se ons sal lag as ons sien wat is daar binne...) en die kinders se swembad.
Ons het nou n roetine. Ek staan op en maak cappuchino, dan kry ons vir Louis reg vir skool en dit sluit in packed lunch en 'is jou huiswerk gedoen'. Ralphie is nou byna(so voel dit) die hele nag wakker so hy gaan maar net aan met sy eie dinge en dan vat Eunice hom om hoenders te gaan voer(sodat ek en Ceri in die oggend by die huis kan uitgaan sonder n geween en n gekners!) Eunice maak elke oggend jungle oats en so nou en dan spoil sy ons met n bietjie stywe pap-almal eet dit behalwe Ceri.
Ceri is gebyt deur n gogga en was maar siekerig(heelwaarskynlik bosluisbytkoors). Dis nou alles oor en sy is weer op die been. Sy sien uit na die vriende se aankoms later in die jaar. Die temperatuur het gesak en Ceri dink ons gaan nie die koue oorleef nie. Sy praat van heaters en jumpers en ek sweet nog bedags! Ek moet se die warm dae is vervang deur n ge-nag reenery.

Ek ry nou weer perd en voel baie gemaklik op n perd in die wildernis. Ek het gewerk die hele Paas naweek en dit was lang ure... dankie tog Mariette en Theuns het ons kom besoek en ek kon n bietjie brug inwerk so tussen die saalrondtes.
Louis se eertse termyn is klaar en hy het n excellent vir mondelingse spraak gekry-no kidding- at least sien hulle n oog vir n oog. Hy teken baie mooi nou en ek moet weer se hy duik en swem behoorlik.
Ralph is nog net dieselfde en sy spraak kom baie goed aan. Hy sukkel maar met die goggas wat hom byt en hy speel goed met die Duplo.
Ons mis vir Cleo.
Ek sien uit na my vakansie oor n week. Ons will bietjie gaan stap in Ndumo
No comments:
Post a Comment