Ons het n befokte naweek gehad. Dit het begin met n prawn braai by Mark se huis. Prawns geskenk deur Total-baie weird. Die volgende oggend is ek weer Dogpoint toe te perd. Dit is so amazing om in hierdie sand duin - wildernis - plek perd te ry. Dit is iets wat ek baie gemis het en nou weer ervaar. Ons het ook n bietjie perd gespring en ek voel nou reg om die hore safari geselsie te he. Sondag is ons Black rock toe. Dis n baie geisoleerde strand en lekker snorkel area. Ceri en Louis het op die uitspoellyn goed opgetel vir sy Biologie boks. Hy het n kreef kop, spons dier, wiere ens opgetel. Dit le nou saam met n sonbesie, swart dun stert skerpioen, mot, vere, skulpe en n ystervark pen in Eunice se kamer. Ralphie hou van swem en staan saam met my in die knie -diep see. Hy lyk stewig in sy body suit, soos n stoeier. Daarna het Ceri en Bella gaan perdry en ons(ek en Willie en die kinders)het hulle ontmoet vir sundowners by die seekoei gat. Die Black labels was soos koeldrank.
Vandag het ek 2 buite klinieke gaan besoek. Ek het alleen met n hospitaal 4 x 4 gery en het verdwaal in die mees amazing savanna met grondpaaie wat soos seekat arms om my oopgaan...
Monday, March 31, 2008
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment