Monday, April 27, 2009

Pretoria - Jakaranda stad







Met ons terugkoms in Gauteng na n lekker vakansie in die bosveld, was dit lekker om n bietjie tyd in Pretoria te spandeer. Ralphie het sommer drie geword vier keer. Een keer in die Dros(heel uneventful), een keer in die parkie naby Zettie se huis(ek hou van die outydse speel-klimrame, so ietwat aan die gevaarlike kant, maar soos iets uit my blink verlede(foto ingesluit)), een keer in Johannesburg saam met Jaco en Lil en een keer by Kobus, Suma en Liza.
Daar was weereens n tuisgebakte koek. Ouma was in en om die kinders( sy lyk so smart altyd) en Kobus het sy vliegtuigie uitgehaal...niaaaaauuu!
Louis ry nou lekker fiets en die meenthuis kompleks is sommer net die regte plek vir dit.
Ceri en die seuns is kort hierna Port Alfred toe en ek het tyd spandeer in Johannesburg - saam met Jaksie, en ek het myself verdeel in Pretoria. Ek het by Zettie gebly vir n week. Dit was lekker omin die aande te vergader en te hoor en te sien wat hulle aanvang in die dag. Ek het hier my hart verloor aan 7 de Laan se musiek - dit laat my dink aan die vroee aande in Pretoria.
Ouma het maar soos altyd gekyk of ek netjies aangetrek is en welvoeglik is vir werk as n algemene praktisyn in die Moot. So ek het maar met my onderbroeke vol gate gaan werk met n netjies gestrykte broek en hemp(judging the book by its cover) en ouma was toe tevrede.



No comments: