![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEg_ljm3C-kzb8FOAGELl0jSruz4Q1YReHl0iYneMmnodkQ_j2CezTSaXaSC_Oirfw8wt3KhQohI7lz-FhdaF6fcEMcVyX4fVEIcFCS-HwHPhNNhoPMrpodJ5zUGiigj9snCrRNk6MdzCKE4/s320/swing.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgfIndpebZzddUYSWR8NPAAYsqs-UTELiS8w5eAZqi4wDR_0FK-Pe5mSrQC9rMwgMhrNMsZsOlY7hrkXMYLAIiezgzoXqpfcT1oX-2omENzF1beybfDu-dlwD13GByn09U3cG6UeZUly7Ku/s320/pinkladycspinach.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEiQBdaG4waK5IXaMVX1-cJQViR33FWlL6NHj4IdZLOZ0f6Zijx-5XJVclR6yfXv5M9Xdneql_gv1_oH4Jg7M8n4zPWtPHY9S5vrEXbazUIneRCTRYXzg3idT5wb7AddBpPac8JoKVCZtBcy/s320/shop2.jpg)
Ek is nou weer ingesettle hier by die hospitaal. Ek ry nog steeds klinieke toe en ek hou daarvan om grondboontjies en bone by zama zama kliniek te koop. Ek kry dit by die HIV counselor en by die dame -tuinier(pink lady) wat die kliniek groentetuin hanteer. Dit is nice om die middelman uit te skakel en direk vanaf die mense produkte te koop. Dis dan ook die Mboza kliniek hoenders wat so eiers le...n bargain vir R30 n hoender.
Ek swem nou elke oggend 50 lengtes in die hospitaal swembad waar n mens nie regtig lengtes kan doen nie. Jy kry net kans vir 2 vlinderslag bewegings dan is jy aan die ander kant. Ek probeer hoog oor die water opstyg soos n groot vis, en dit maak my onderste rugwerwels teer maar die oefening 6 uur in die oggend is goed vir die hele dag.
Kersfees is aan die kom en cecily se sy wil n klein varkie eet. Ceri se hier is tapeworm so ons sal moet settle vir iets anders. Enige voorstelle. Hier is bok om te eet maar ek verkies curried goat- en dit is nie n sinterklaas maaltyd nie. Kudu? Hier is nie ganse of kalkoene nie..
Ek en Ceri was vir die naweek alleen Banga nek toe. Dis hier waar die turtle tours is en waar ons die hatchlings, leather back en loggerhead gesien het. Ons het in die Community tent camp gebly en ons het sommer net lekker tyd alleen gespandeer. Ons het n afrika visarend op die strand gesien en n geelkeelkalkoentjie.
No comments:
Post a Comment